Wurm pryse
Wurms word per kg verkoop, ons tel nie die wurms uit nie, ons weeg dit vir jou. Ons weeg wurms apart, en weeg nie die wurms in hul kooigoed nie.
Pryslys:
- 250g - 10 kg @ R600/kg
- 10kg en meer @ R400/kg.
- Ons verskaf ook wurms aan die hengelwinkels. Die winkels bestel op ‘n gereelde basis en dit word by die persele afgelewer. Kontak ons gerus vir ‘n prys.
- Die ”Slangwurms” wat vir die tuine gebruik word, se pryse word bepaal na gelang van die grootte van die bestelling. So kontak ons gerus daaroor.
Ons lewer groot bestellings self af, om te verseker dat die wurms jou in goeie gesondheid bereik. Om te onderhandel, kontak gerus vir Andries en Evan self.