Vrugbare tuin

'n Volwasse Slangwurm
Die natuur se proses om deur middel van ‘n natuurlike siklus proses die vrugbaarheid van grond te onderhou.
‘n Eenvoudige verduiduideliking is as volg:
· Die plant se saad beland in die grond.
· Reën wat op die grondval laat die saad ontkiem.
· Die plantjie groei oor tyd.
· Die plantjie kry sy voedingstof uit die grond wat deur die verrotte plantemateriaal en water vrygestel word.
· Die plante se blare en bas val op die grond en die verrotingsproses begin.
· Die organismes en erdwurms in die grond verwerk die plantmateriaal tot klein voedingstofdeeltjies wat deur die plante opgeneem kan word.
· Die plante ontwikkel dan sade wat weer op die grondval om die proses te aktiveer.

In Suid Afrika is ongeveer 80% van die woonhuise se tuine glad nie geskik om die natuur se siklus te kan onderhou nie. Onder andere bestaan die volgende algemene probleme:
· Die tuine en meer spesifiek die beddings se vog persentasie is te laag.
· Die blare, takkies en bas wat van die plante af val, word nie in die tuine se grond ingewerk nie, dit word eerder uit die tuine verwyder of dit is nie voldoende nie.
· Die grasperke en beddings beskik oor min of selfs geen erdwurms nie.
· Deur onder andere die ondergenoemde aanpassings in jou tuin aan te bring, kan jy jou tuin se vrugbaarheid dramaties verhoog:
· ‘n Konstante toediening van voldoende water om die plante te onderhou.
· Wanneer daar afval plantmateriaal in jou beddings beland, kan jy dit in jou beddings inwerk.
· Jy kan erdwurms in jou beddings plaas om die afbreking van plantmateriaal te doen.
Vrugbare grond met erdwurms in
· Die voginhoud moet voldoende wees vir die erdwurms om deur die grond te kan beweeg.
· Die beddings moet nie so veel water ontvang dat dit letterlik opdam nie. Jy kan eerder minder hoeveelheid water, maar meer gereeld water toedien.
· Probeer om skadu oor die beddings te verkry deur middel van die plante soos bv grondbedekkers of bome. Dit sal die vog in die grond beskerm.
· Indien jou beddings baie sanderig is, sal dit help om organiese kompos in die beddings in te werk. Sanderige grond hou nie vog goed nie en dit het ook baie min voedingswaarde.
· Die erdwurm tipe wat die beste geskik is vir hierdie doel is beslis nie die Karibawurms nie. Die geskikste wurm is die “Slangwurm of wildewurm” (Amynthas Corticis) soos wat dit algemeen in Suid Afrika bekend is. Dit staan ook bekend as “Snake Worms, Black Wriggler or Crazy Worms”.

- Slangwurms
‘n Baie belangrike aspek van erdwurms wat jy altyd moet ingedagte is dat hulle uiters lig sensitief is. Dus is dit baie goed om skadu oor jou beddings te hê en dat die bolaag van die grond bedek word met dooie plantmateriaal. Om die taak van die erdwurms moontlik te maak, is dit noodsaaklik dat die dooiemateriaal vogtig gehou word.
Ons kan jou voorsien van “Slangwurms” om in jou tuin te plaas. Kontak ons gerus vir ‘n bestelling.
As deel van die proses om jou tuin se plante, struike en bome tot volle potensial te kry is dit noodsaaklik om die grond in die tuin voortdurend van voedingswaarde te voorsien.