Erdwurms maak Kompos
Erdwurms
Deesdae is dit belangrik dat huishoudings kyk na die koolstof voetafdruk wat ons agter laat. Een manier om te verseker dat daar minder probleme op ashope is, is om jou eie wurmhouer aan te skaf.
Die wurmhouer is nie net omgewings vriendelik nie, maar dit dien ook as middel om ‘n ekstra geldie in jou sak te sit!
Wurmhouers kan eenvoudig maklik self tuis gemaak word. Die wurms eet organiese afval, en in ruil kry jy goeie gebalanseerde kompos vir jou eie gebruik. Wurmhouers is gladnie toksies nie, en indien dit reg bestuur word – wat redelik eenvoudig is – is dit reukloos.
Die erdwurms wat ons in wurmhouers gebruik is nie die normale erdwurm wat in die grond in jou tuin voorkom nie. Die wurmpies, of rooi wikkelaars is kleiner, en leef ook nie van grond nie. Hulle eet sagte voedsel, leef in kondisies van sowat 15 – 20 cm diep. Hulle is nie skadelik vir die natuurlike erdwurm populasie nie, en sal heel waarskynlik nie oorleef indien hy op jou kompos hoop te lande kom nie. Oorspronklik kom die wurms uit Europa, maar is tans oral te vinde.
Ons spesialiseer in erdwurms, vir wurmhouers. Ons erdwurm plaas is buite Potchefstroom gelee. Die boerdery word behartig deur Andries Maree, en om daagliks ‘n ogie te hou is Evan Smit ook beskikbaar.
Indie jy ‘n boer is wat jou eie wurmplaas wil begin, gesels gerus met ons. Indien jy ‘n gastehuis het, en baie afval kos het, maar ook ‘n mooi tuin in stand moet hou, is ‘n wurmhouer net die regte ding om jou rand te rek.
Ons verkoop wurms. Ons doen ook wurmfabriek installasies. Ons bied opleiding, verskaf ‘n handleiding en ook ‘n DVD met foto’s probleem identifikasie en algemene riglyne.