Archive March, 2009

Rooi wikkelaars

Red wrigglers, rooi wurms, kariba wurms, Eisenia foetida

Die wurms word in wurms houers aangehou. Hulle is nie gehard vir buite leef nie, en eet slegs sagte voedsel, soos groente en vrugte. Dit is die wurms wat jy moet aanskaf vir jou wurmhouer.

Slang wurms

Slang wurms word gebruik om tuin materiaal af te breek. Ons het van die wurms beskikbaar. Gebruik dit in ‘n komposhouer om jou kompos af te breek of in jou tuin.

Wurms vrek in die tee-houer

30 March, 16:01, by mignon Tags: ,

Die wurms sal afgaan na die tee-houer toe. Dit is normaal. Om die rede is die belangrik dat die tee gereeld afgetap word, verkieslik daagliks!

Indien jou erdwurms af gaan na die tee-houer, waar tee opgevang word, en hulle verdrink in die tee sal die reuk dit binne ‘n dag of twee verklap. Dit is ‘n onuithoubare stank!! Ek stel voor jy los eerder jou houer se kraan oop, indien jy byvoorbeeld ‘n waatlemoen ingesit het, of indien die lug baie vogtig is. Vang dan die tee in ‘n emmertjie op, voor die houer. Dit werk perfek.

As die wurmhouer se gate te groot geboor is en die wurms maklik na die onderste houer beweeg kan dit ook ‘n rede wees waarom daar so baie wurms is. Indien jy wil he hulle moet minder in die tee-houer inkom, sit ‘n skadu-net, gesny so groot soos jou wurmhouer se oppervlak onder, en begin dit kos daarop voer. Dit sal veroorsaak dat minder wurms ondertoe gaan, en steeds toelaat dat die tee deurloop.

Indien jy nog jou wurm houer moet maak, stel ek voor jy hou die gate kleiner wat afgaan na die teehouer, dit kan die probleem sommer van die begin af verminder.

Maaiers

Indien daar maaiers in die houers is was daar dalk verkeerde voedsel ingegooi, soos ‘n stukkie vleis. Dit kan ook wees dat ‘n brommer sy weg ingevind het en besluit het om daar eiers te le. Hulle sal nie lank daar oorleef nie. Moet nie te bekommerd wees nie. Kyk eerder of jy die ventilasie gate van jou houer nie te groot gemaak het sodat brommers kan inkom nie. Sit ‘n stuk gaas voor om die ongewensde besoekers uit te hou.

Nat houers

Ek sou voorstel dan indien die houer te nat is, meng koerant papier, wat in repe geskeur is in. Dit is ook ‘n goeie idee om jou wurmhouer so nou en dan om te dolwe. Kyk by die kategorie “handige gereedskap” vir wenke.
Moenie water in jou wurmhouer byvoeg nie. Die wurms produseer genoeg vog van hul eie. Daarmee saam sal die groente wat jy insit ook baie vog produseer. Koerant wat in repe geskeur is en in water gedompel is verskaf ook addisionele vog. Dit is genoegsaam vir jou wurmhouer.

Rooi goggatjies

As die houer vol rooi goggatjies is het jy waarskynlik te veel kos op eens ingesit. Indien jy die wurms voer moet jy die kos (indien jy kan) redelik fyn maak, dit verteer net makliker. Kap dit sommer met ‘n mes of “twister” op. Jy moet ook die kos meng met die laag kooigoed wat daar is, sodat dit nie as lokaas dien vir die rooi goggatjies nie. Hulle kom help om die houer se kos vinniger te verteer, en sal jou houer geen skade doen nie.

Rooi woelers

11 March, 11:45, by mignon Tags: , ,

Foto’s van rooi woeler wurms:

Rooi woelers

Rooi woelers

Wenke – weg vir ‘n paar weke

10 March, 21:54, by mignon Tags: , , ,

As jy met vakansie gaan, sit ‘n pampoen in die wurmhouer, wat jy deurgesny het. Pak jou wurmhouer vol klam koerant wat in repe geskeur is. Sit ‘n emmer onder die kraan, en draai die kraan oop. Maak seker jou houer gaan nie son kry nie, maar ook nie in ‘n bedompige motorhuis staan nie. Buite onder ‘n boom is perfek.
Lekker vakansie hou!! Veilig ry!

Wurm houers

Om jou eie wurm houer te maak, het ons hier ‘n paar riglyne opgesit. Indien jy steeds wonder, vra jou vrae hier op die blog!! Hoop jy geniet die projek!

Wurmgedrewe kompos fabriek

‘n Huishoudelike kompos fabriek is deesdae ’n maklike manier om jou eie kompos en wurmtee te maak, sonder enige drastiese insetkostes.  In die gees van herwinning, kan feitelik enige houers gebruik word om jou eie fabriek te maak. Daar is ook vele duursame en goeie ontwerpe te koop wat gerieflik werk.

’n Kompos fabriek moet ‘n reuklose, gebruikersvriendelike kompos-stelsel wees.   Plaas dit in jou motorhuis, binneshuis of in die tuin in ’n skadukol.  So ’n kompos fabriek verander enige organiese huishoudelike afval in ryk kragtige kompos en vloeibare bemesting.  Gestapelde houers laat die gebruiker toe om die kompos of te wel wurmuitskot en wurmtee (vloeibare bemesting) maklik te verwyder, sonder dat die wurms of ontbindende organiese materiaal hanteer hoef te word.

Met ’n gelaagde ontwerp beweeg die wurms opwaarts deur die werkhouers na die kos in die boonste houer.  Soos die wurms opwaarts beweeg, laat hulle organiese kompos agter.  Kombuisafval word telkens in die boonste houer gesit, en nuwe houers word bygevoeg tot die derde (boonste) houer vol is. Daar is nie meer as 3 houers nodig in die proses nie. Wanneer al die houers vol is kan die kompos in die onderste houer verwyder word en die leë houer word na bo geskuif. ‘n Kraan word gebruik om die vloeibare bemesting in te samel vir gebruik as ’n opkikker vir plante. Met klein ventilasie gate, ‘n deksel en noupassende houers is die kompos fabriek bestand teen ongewensde indringers soos muggies of vlieë.

 ‘n Gevestigde wurmhouer huisves ‘n bevolking van tussen 2,5-3kg wurms. Die hoeveelheid wurms kan tot drie keer hulle eie gewig per week in kombuisafval opgebruik – tot 1.5 kg per dag.  Voer die wurms aanvanklik hul eie gewig per dag. Die wurms verdubbel elke 3 tot 4 maande in massa. 

 Daar word aanbeveel dat die fabriek met ten minste 1000 komposwurms (Eisenia feotida / E. ardenii) begin word, dit is ongeveer 150g wurms.

 

Komposfabriek vir wurms

 

Pak jou wurms, kartondoos en al in houer 2. Plaas ‘n blok beddegoed, (palmpeat), saam in die houer indien jy nie fyn kompos het vir die wurms nie. Rangskik ‘n dik laag geskeurde koerantpapier wat in water gedompel was bo-op. Plaas jou houer se deksel op. Indien jy die wurms voer, plaas die kos onder die laag koerant papier en skuif koerante weer bo-op. Dit hou die kos klam, en beheer die vog in jou houer, sodat jy kan sien wanneer jou kompos fabriek te droog is.

 Moenie onnodiglik water by die houer voeg nie, dit kan die houer suur maak. Los die kraan oop met ‘n emmertjie onder indien jy met vakansie gaan, anders kan die wurms in die tee versuip!

Pryslys

10 March, 21:33, by mignon Tags: , , , ,

Wurm pryse

Wurms word per kg verkoop, ons tel nie die wurms uit nie, ons weeg dit vir jou.  Ons weeg wurms apart, en weeg nie die wurms in hul kooigoed nie.

Pryslys:

  • 250g - 10 kg @ R600/kg
  • 10kg en meer @ R400/kg.
  • Ons verskaf ook wurms aan die hengelwinkels. Die winkels bestel op ‘n gereelde basis en dit word by die persele afgelewer. Kontak ons gerus vir ‘n prys.
  • Die  ”Slangwurms” wat vir die tuine gebruik word, se pryse word bepaal na gelang van die grootte van die bestelling. So kontak ons gerus daaroor.

 

Ons lewer groot bestellings self af, om te verseker dat die wurms jou in goeie gesondheid bereik.  Om te onderhandel, kontak gerus vir Andries en Evan self.